Die volharding van herinnering

La persistencia de la memoria (1931) of Die volharding van herinnering (ook bekend onder die Engelse titel, The Persistance of Memory) is moontlik een van die bekendste skilderye deur die kunstenaar Salvador Dalí. Die skildery is bekend vir sy beelde van sagte, verwelkte sakhorlosies.

Die Museum of Modern Art (MoMA, "Museum van moderne kuns") in New York besit die skildery sedert 1934. Dit is vertoon by die Tate Modern in Londen, vanaf 1 Junie tot 9 September 2007, as deel van 'n uitstalling getiteld "Dalì and Film". Daarna het dit gereis na die Los Angeles County Museum of Art (14 Oktober 2007 - 6 Januarie 2008) en die Salvador Dalì Museum, in St. Petersburg, Florida (1 Februarie - 1 Junie 2008). Dit het na sy tuiste teruggekeer by die Museum of Modern Art in Junie 2008 as deel van die uitstalling "Dalí and Film" wat van 29 Junie tot 15 September 2008 gestrek het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne